MARKtoe! JUNE 2018 | Page 22

WINKEL
Die Agrimark-tak a op
Upington is al vir dekades deel van die dorp se geskiedenis e e, lank voor die winkel in 2000 onder sy huidige naam begin sake doen het. Klante oral uit die Kalahari kom al jare met die personeel aan en die vervulling van unieke e behoeftes het aanleiding tot hegte vriendskappe gegee.
Hein Swart, senior bestuurder u er, is al vir agt jaar by die tak en hy vertel hoe die huidige winkel in 2013’ n nuwe baadjie gekry het. Daar is nou’ n ruim parkeerarea, die winkel self is heelwat vergroot en hulle het ook’ n kwekery bygekry.
“ Ek hou van vernuwing, so hier is kort-kort nog bouery of’ n nuwe area wat beter ingerig word,” vertel hy met’ n groot glimlag. Hein spog aanstaande jaar met 30 jaar diens by die maatskappy en het voorheen by takke in die Paarl, Drakenstein, Montagu en Kanoneiland gewerk voor hy in 2010 na Upington gekom het. Hy erken dat vernuwing nog altyd een van sy grootste uitdagings was aangesien dit maklik is om mure te breek en te bou, maar moeilik is om mense te kry om hul benadering aan te pas of te vernuwe.
1.
Liquormark, die tak se drankafdeling, is een van Agrimark se beste presteerders met verkope. Hulle het’ n nismark onder die jaggemeenskap geïdentifiseer en daarom maak hulle spesiale pakke op met yskoue bier wat die jagters maklik kan laai en wegneem.
Die tak se deurry-stoor is gewild onder klante omdat hulle nie meer met hul sleepwaens of groot trokke om hoef te draai of in trurat uit die stoor hoef te bestuur nie.
2.
3.
22 MARKtoe! Junie 2018