MARKtoe! JULY 2017 | Page 23

LANDBOU Oor Desembervakansies en langnaweke hou die kampeerterrein die De Beers so besig dat Sybrie, sy vrou en dogters oortrek na die ter- rein toe sodat hulle ‘n hand op alles kan hou. “Ons doen alles self,” sê hy. Omdat die kampterrein so afgesonder is, word daar ook basiese krui- deniersware aangehou, soos toiletpapier, wat die De Beers aan gaste verkoop. Die kampterrein het 50 staanplekke terwyl ‘n chalet, die vier enkelkamers, ‘n karavaan, en ‘n ou plaashuis sowat 25 beddens bied. Die plaashuis, wat ses huisves, was die oorspronklike herehuis op die landgoed en is sowat 200 jaar oud. Oor Desembervakansies en langnaweke hou die kampeerterrein die De Beers so besig dat Sybrie, sy vrou en dogters oortrek na die terrein. 5. So hoe kom mens van Boegoeberg te hore? Grotendeels deur oorvertelling van mense wat reeds hier gekamp, of kom bly het. “Ons adverteer ook in 4x4-tydskrifte,” sê Sybrie. Maar die meeste van hulle reklame kom van mense wat viertrekvoertuie hier kom toets en later artikels daaroor skryf of programme daaroor maak. Terwyl ons die steil verweerde grondpad vanaf die kampterrein af terugneem dorp se kant toe stop ons eers om van die merkwaardige uitsigte af te neem. Ek dink weer dat ek nie graag met ‘n gewone voer- tuig hierdie pad sou wou aandurf nie, maar tog kom besoekers volgens Sybrie met allerlei rygoed hier aan. Dalk is die geleentheid om heelte- mal van die beskawing te ontsnap te aanloklik om jou deur ‘n grondpad te laat afsit. Om meer uit te vind oor Boegoeberg se 4x4-roetes en akkommo- dasie gaan na www.boegoeberg4x4.co.za. 6. 1. Rus en vrede is besoekers se voorland. 2. Van die uitsigte wat by Lambertshoek volop is. 3. ‘n Gesellige vuurtjie verdryf die koue tydens ons gesprek met Sybrie de Beer. 4. Een van die gewildste chalets by Boegoeberg. 5. Die dam en swembad sorg vir pret in die somer. 6. Die Boegoeberg kampeerterrein is goed toegerus.