MARKtoe! JULY 2017 | Page 22

LANDBOU Lambertshoek & Boegoeberg 4x4 - Sybrie de Beer 2. Ons tyd in Graafwater is bykans verstreke en ons laaste besoek is by Lambertshoek. Dié plaas is nie net bekend vir sy rooibos nie, maar menige 4x4-entoesiaste het al die Boegoeberg 4x4-roetes op die plaas aangedurf en by die Boegoeberg-kampeerterrein oorgeslaap. Die De Beers verbou sowat 200ha rooibos op die plaas wat uitsluit- lik aan Rooibos Bpk. in Clanwilliam gelewer word. Dan is daar ook ‘n kommersiële trop wit Dorpers, asook ‘n trop van sowat 20 beeste. Maar ons is hier om oor hul toerisme-aanbieding te gesels. Verskeie plase het deesdae ‘n toerisme-aspek, maar waarom ‘n 4x4-roete, vra ek vir Sybrie de Beer. “In 2000 was boegoe se prys baie goed, en hier is baie boegoe in die berg,” verduidelik hy. “Om die boegoe te oes moes jy opstap teen die berg en dit afdra, en hoe ouer jy raak, hoe moeiliker raak dit, so die roete het ons eintlik begin om die boegoe uit die berg te kry. Daardie selfde tyd het die 4x4-roetes baie gewild geraak en ons het besef jy kan die roete daarvoor ook aanwend.” “Om die boegoe te oes moes jy opstap teen die berg en dit afdra, en hoe ouer jy raak, hoe moei- liker raak dit, so die roete het ons eintlik begin om die boegoe uit die berg te kry.” Die plaas bied drie 4x4-roetes waarvan die oorspronklike berg- roete ‘n deel het met ‘n moeilikheidsgraad van 5. Dis nou daar waar iemand soos ek hul naels begin afkou van senuwees, as ek so teen die skerp steiltes uit die nou kronkelpaadjie aanskou wat mens met jou viertrekvoertuig moet oorkruis. Ek is in my binneste baie verlig dat ons vanmiddag nie self een van die 4x4-roetes gaan beproef nie. Die Boegoeberg 4x4-roetes het terloops die onderskeiding dat hulle op die Drive Out-tydskrif se ererol van Top 10 4x4-roetes pryk. Buiten die bergroete is daar ook ‘n korter sandroete wat enige voer- tuig volgens Sybrie kan baasraak. “Hy het ‘n kombinasie van klip en sand. Daar is ook moeilike dele op hom wat ‘n 3- tot 4-gradering het, maar dit is meestal ‘n 2 tot 3.” By die meeste hindernisse is daar egter ontsnaproetes sodat jy om dit kan ry. Dit klink vir my meer gepas vir ‘n bangbroek soos ek... Die gewildste roete is die rivierloop. “Dis eintlik ‘n hindernisbaan,” verduidelik Sybrie. “Baie van die ouens hou daarvan as hulle nie heeldag op ‘n roete wil ry nie en net wil gaan speel. Want daar kry jy nou klip en sand en modder en water en enige tipe hindernis wat jy wil hê.” Later het die 4x4-entoesiaste hulle vrouens en kinders begin saambring en dit is waarom daar in 2004 met die kampplek begin is. Sedertdien het die kampeerterrein gewilder geraak as die 4x4-roetes. Ook onder motorfietsryers, en om hulle te akkommodeer, is daar vier enkelkamers met beddens gebou. 1. 22 MARKtoe! Julie 2017 3. 4.