terwyl die produsente self die verdere ontwikkeling op die beskikbare grond onderneem het.
“ Meer onlangs, en veral met Covid, het die internasionale speelveld aansienlik verander en het markte mededingender geraak namate produksie, waardekettingkoste en die internasionale aanbod van ander sitrusrolspelers toegeneem het. Weens die toenemende internasionale mededinging het die aandeelhouers in die bemarkingsmaatskappy besluit dat produkspesifieke bemarking die beste roete vorentoe is. Dit het gelei tot die ontstaan van Good Hope Marketing in 2023,’ n sitrusbemarkingspesialis wat reeds enorme voordele vir die produsente en Goede Hoop Sitrus bied.
“ Die volhoubaarheid van die maatskappy word ondersteun deur verskeie besluite wat oor die afgelope dekade geneem is. Dit sluit onder meer beleggings in CFC en APL in, waarvan laasgenoemde die enigste kartonvervaardiger in Suid-Afrika met produsenteaandeelhouding is. Daar is ook belê in koelbergingsfasiliteite in Kaapstad, Citrus Juices vir sapproses-
4. Goede Hoop Sitrus se hoofkantoor is op Citrusdal. Die maatskappy vier vanjaar 100 jaar in die bedryf.