Baanbrekerswerk vir die totstandkoming van die huidige maatskappy en die vestiging van die groeiende sitrusbedryf in die Wes-Kaap is reeds in 1926 gedoen met die stigting van The Good Hope Co-operative Citrus Company Limited. Hierdie koöperasie het vinnig gegroei en in die vroeë 20ste eeu was daar reeds meer as 150 000 sitrusbome in die streek.
“ Oor die dekades het die maatskappy baie gedoen om Citrusdal en die wyer Olifantsriviervallei in een van Suid-Afrika se belangrikste sitrusproduserende streke te omskep. Een van die belangrikste bydraes was om te bepaal hoe om die vrugte in die buiteland te kry. Ons het in die verlede’ n groot rol in Capespan en Outspan, asook in die stigting daarvan, gespeel. Deur ons betrokkenheid het ons gehelp om aanvanklike uitvoerkanale te skep.”
“ Goede Hoop Sitrus se mense is altyd gereed om te help. Of dit nou met verpakking, bemarking of tegniese raad is, hulle is altyd bereid om die pad saam met ons te stap.”— Nicolai Lubbe
Sedert 1997, toe eenkanaalbemarking grootliks weggeval het, het GHS baie bygedra tot die konsolidering van’ n gefragmenteerde bedryf waarin elkeen min of meer sy eie rigting ingeslaan het. Die samesmelting met ander organisasies, waaronder organisasies in die peer- en appelbedryf wat ook