MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 34

LANDBOU
LANDBOU

1.

NICOL THIART | HARMONIE

Nicol Thiart is nie bang om’ n nuwe rigting in te slaan nie. Op Harmonie buite Vredendal, waar wyndruiwe lank die grondslag van die boerdery gevorm het, maak hy toenemend plek vir appelkose en makadamianeute.

Dit is nie’ n oorhaastige besluit nie, maar’ n berekende poging om meer waarde uit sy beskikbare besproeiingswater te haal in’ n tyd waarin die wynbedryf onder toenemende druk verkeer. Hy toets nuwe moontlikhede versigtig, maar is bereid om die risiko te neem wanneer hy glo die grond, klimaat en mark bied genoeg potensiaal.

“ My ma het altyd gesê ek waag te veel,” vertel hy met’ n glimlag.“ Toe ek as kind met hoenders wou boer, het ek eers met die hoenders by die huis aangekom en daarna die hokke begin bou.”

1. Nicol Thiart, eienaar van Harmonie; Esna Goosen, bestuurder van Agrimark Vredendal; en André Esterhuyse, die bemarker, in een van die wingerde op Nicol se plaas.

34 MARKtoe! Julie 2026