WINKEL
14 .
14 . Ashley Petersen help graag klante op die besige rybaan .
Deur Agrimark se opleidingsprogram kry ek groter blootstelling aan dinge wat agter die skerms in ’ n besigheid gebeur . Ek sien uit daarna om my vaardighede te gebruik om my loopbaan by Agrimark te bevorder en goeie diens te lewer ,” verduidelik hy .
Jannie is baie ernstig oor die personeel en hy glo dat almal die vrymoedigheid moet hê om met hom te kom gesels oor probleme en ook voorstelle vir die besigheid .
“ As jy nie gelukkig in jou werk is nie , kan jy nie gelukkig in jou lewe wees nie . Personeel wat nie gemaklik voel om te gesels nie , is nie baie produktief nie en ook nie gelukkig by die werk nie . Hier is almal deeglik opgelei en enigeen kan in enige afdeling aflos sou dit nodig wees . Ons werk as ’ n span saam om die mense van Durbanville te bedien .
En natuurlik wil ek graag mense se voorstelle hoor oor hoe ons die besigheid kan help om meer te groei .”
Elliot Jantjies , ’ n senior werker by die tak , is ’ n sprekende voorbeeld van hoe praktiese landbou-ervaring nou tot voordeel van Agrimark aangewend word . “ Ek was vroeër jare op Phesantekraal van Erhard Louw werksaam en ek en hy het saam daar grootgeword . Dis waar ek deur die jare dinge soos stiptelikheid , hoe om na jou implemente en voertuie om te sien en hoe om goed te kommunikeer aangeleer het – alles wat ek vandag hier kan toepas om goeie diens aan ons klante te kan lewer . Ek weet waarvan die produsente praat as hulle spesifieke landbou-items kom soek en ek kan hulle gou help of na die regte personeellid verwys wat die navraag of bestelling kan hanteer ,” verduidelik hy .
Agrimark Durbanville is duidelik ’ n hegte span wat nie wegskram van harde werk nie , tot voordeel van die hele gemeenskap .
Durbanville Wellingtonstraat 30 , 7551 Tel : 021 976 3057 www . agrimark . co . za Volg @ agrimark op :
46 MARKtoe ! Julie 2024