MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 45

WINKEL
12 .

diens aan hierdie opkomende mark bied ,” vertel Jannie .

’ n Ander afdeling wat op aanvraag baie uitgebrei is , is persoonlike beskermingstoerusting , of PPEprodukte . Dit sluit items soos oorpakke , handskoene , veiligheidskoene , waterstewels , en skermbrille in . Die Jonssonklerereeks vaar ook baie goed en baie dorpenaars besoek Agrimark Durbanville gereeld om hierdie klere van gehalte aan te skaf . Ander afdelings wat baie gewild is , sluit die buitelewe-afdeling in . ’ n Klant het onlangs 41 Stanleyflesse kom koop om as korporatiewe geskenke uit te deel . Produkte vir die swembad , asook tuinmaakbenodigdhede soos saad , kunsmis , grawe en vurke , is ook gewild . Dis egter nie al nie . Daar is ook huishoudelike skoonmaakmiddels , motorolies ,

Ingco-kraggereedskap , en selfs vars snoek en vleisprodukte van Phisantekraal Slagtery . Die rybaan met diesel- en petrolpompe agter die winkel is gewoonlik ook baie besig .

In die afdeling vir boumateriaal kan stene , sand en sement bestel word en dit kan ook in grootmaat afgelewer word . Die verfafdeling is besonder gewild en bevat verf van Duram en Dulux . Daar is ’ n toonbank waar klante verf kan laat meng om presies by hul kleurkeuse te pas . Rekord word van elke klant se kleure gehou sodat herbestellings maklik gedoen kan word .

Agrimark Durbanville speel ook ’ n rol in Agrimark se opleidingsprogram vir toekomstige bestuurders .

Thabo Kawe het die winkel besoek om voorraadbestuur te bestudeer . “ Ek is al 15 jaar by die maatskappy , maar dit is vir my lekker om meer oor die onderneming se werksaamhede te leer .

13 .
12 . Marinda Wagenaar help by die kasregisters . 13 . Daar is ’ n koffiewinkel by die winkel se hoofingang waar klante koffie en ander eetgoed kan kry .
45 MARKtoe ! Julie 2024