MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 43

WINKEL
9 . 10 .
9 . Vernon Marthinus besig in die afdeling met swembadprodukte . 10 . Charel Uys is die kenner in die dieremedisyne-afdeling .

in hulle plaaskantoor met hulle te gesels nie . So bou ons verhoudings wat sorg dat ons besigheid deurgaans ondersteun word .” Die winkel se rakke vertoon netjies en kreun onder die voorraad . Elke afdeling is maklik bereikbaar en die produkte word goed uitgestal . By die ingang van die winkel is daar ook ’ n koffiewinkel waar klante koffie , warm sjokolade en ’ n verskeidenheid versnaperinge soos heerlike vleispasteie kan koop . Die kasregisters is maklik bereikbaar en so geplaas dat die vloei in die winkel gemaklik is .

Daar is ’ n aantal groot landbouprodusente wat al vir verskeie geslagte in die omgewing bedrywig is en wat Agrimark Durbanville lojaal ondersteun .

“ Ons landboubemarker , Antonie

Janse van Rensburg , is baie na aan die klante en soms doen ek saam met hom besoek aan die plase . Hy is gelukkig daarvoor bekend dat hy enige navraag vinnig hanteer , gewoonlik op dieselfde dag , en produsente hoef nooit lank vir hom te wag nie .”

Die winkel bied benodigdhede vir die verskillende landboubedrywe aan soos ’ n verskeidenheid veevoer , beeslek en voeding vir skape , wat die grootse gedeelte van die veebedryf in die omgewing uitmaak .

Daar is twee store waar voorraad van produkte aangehou word sodat dit maklik bekombaar is en vinnig versprei kan word . Die groot stoor is net buite Durbanville en die ander een grens aan die winkel waar oorvloeivoorraad gehou word . Twee

43 MARKtoe ! Julie 2024