MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 42

WINKEL
6 . 7 .

Deeglike voorraadbestuur is hier van kardinale belang , want dis ’ n gewilde winkel onder stedelike inwoners en natuurlik die omliggende omgewing se vele produsente .

Jannie Coetzee , deurwinterde takbestuurder wat al sedert 1999 deel van Agrimark is , woon al lank in die omgewing en ken sy klante alte goed .

“ Ons het ’ n wyduiteenlopende klantebasis en mense uit alle vlakke van die samelewing maak van ons produkte en dienste gebruik . Buiten die landbou , wat hoofsaaklik uit produsente van wyndruiwe , saaigewasse , melk en lewende hawe , sowel as proelokale en restaurante op plase bestaan , is hier talle toeristebestemmings en trou- en onthaalvenues aan wie ons ’ n verskeidenheid produkte verskaf . En natuurlik die dorpenaars wat van sover as Philadelphia af kom om huishoudelike produkte by ons te koop ,” vertel hy .

8 .

Jannie het Kleinsakebestuur aan die Kaapse Technikon gestudeer . Hy was vir baie jare die streekbestuurder van The Fuel Company , Agrimark se moedermaatskappy se brandstofafdeling , wat landwyd 85 vulstasies bedryf . In 2023 het hy weer by Agrimark aangesluit .

“ Dit is belangrik om deel van die gemeenskap te wees en ons is by twee baie aktiewe boereverenigings in die omgewing betrokke . Ons borg soms geleenthede , maar dit is belangrik om ook op sosiale vlak met ons klante kontak te behou en nie net

6 . Vernon Marthinus help ’ n klant met die uitsoek van ’ n oorpak . Die winkel het ’ n wye reeks PPE-produkte , wat oorpakke , veiligheidskoene en skermbrille insluit . 7 . Elliot Jantjies is die stoor-assistent en al baie jare hier . 8 . Eloise Apollis help klante in die Jonsson-klereafdeling .
42 MARKtoe ! Julie 2024