MARKtoe! Julie 2022 Uitgawe 95 | Page 38

AGRIMARK MECHANISATION
1 .
UNIVERSITEIT STELLENBOSCH - DEPARTEMENT AGRONOMIE
Die Universiteit Stellenbosch ( US ) se Departement Agronomie het vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar voordeel getrek uit ‘ n unieke samewerkingsooreenkoms met die New Holland-trekkerreeks van Agrimark Mechanisation .
Die departement het ‘ n T6050-model van Agrimark Mechanisation gekry vir die plant van hul veldproewe in ‘ n wye reeks grondtipes en in verskillende geografiese omgewings , van die Swartland tot die Suid- Kaap .
Prof Pieter Swanepoel , hoof van die Departement Agronomie aan die US , vertel die proewe is gedoen met die trekker wat ‘ n Equalizer geenbewerking perseelplanter getrek het , ‘ n taamlike swaar implement wat ‘ n trekker met voldoende krag benodig om dit te sleep .
“ Ons plant proefpersele met ryspasiërings van 300 mm en ek het gevind dat die trekker baie gemaklik hanteer , sy ratverwisselings is glad en al die funksies is maklik beheerbaar .”
“ Ons departement streef na uitnemendheid , inklusiwiteit en innovasie in ons navorsing en onderrig en om sodoende navorsing vir impak te bevorder waardeur volhoubare landboupraktyke en voedselsekerheid verseker kan word . Dit is vir ons belangrik om doelgerigte vennootskappe te vorm , soos byvoorbeeld die vennootskap
1 . Martin la Grange , tegniese bestuurder van die Department Agronomie aan die US , het die New Holland T6050 wat deur Agrimark Mechanisation verskaf is , gebruik vir proefaanplantings van verskeie bedryfsgerigte gewasse .
Braam Strauss Graafwater 083 283 9841
38 bstrauss MARKtoe @ kaapagri ! Julie . co . za 2022
Gawie Erasmus Bredasdorp 083 656 2222 gawie . erasmus @ kaapagri . co . za
Gerhard Kemp Citrusdal 082 490 5200 kemp @ kempena . co . za
Hein Kruger Ceres 073 179 9405 hein . kruger @ kaapagri . co . za
Iaan Lubbe Paarl 083 460 3833 iaan . lubbe @ kaapagri . co . za
Magriet Swanepoel Malmesbury 071 412 8819 magriet . swanepoel @ kaapagri . co . za