MARKtoe! Julie 2022 Uitgawe 95 | Page 39

AGRIMARK MECHANISATION
2 .
met Agrimark wat die trekker vir agronomiese veldproewe geborg het ,” het hy gesê .
“ Die New Holland T6050 was die ideale trekker hiervoor en kon ons help om ‘ n verskeidenheid bedryfsgerigte gewasse te plant , soos hawer ( droëland en besproeiing ), velderte soos gars , koring , kanola en lusern en ook om proewe op bekalking , grondsuurheid en gips in die verskillende terreine te doen as deel van ons proefneming .”
Volgens Martin la Grange , tegniese bestuurder van die departement , is verskillende gewasse met verskeie saadgroottes en -vorms geplant , byvoorbeeld hawer teenoor erte , en het die trekker hom goed gedra in die verskillende grondtipes en terreine .
“ Ons plant proefpersele met ryspasiërings van 300 mm en ek het gevind dat die trekker baie gemaklik hanteer , sy ratverwisselings is glad en al die funksies is maklik beheerbaar . Die 6-silinderenjin is lekker sterk om grond teen ‘ n gemaklike spoed te bewerk of direk te beplant met geenbewerking . En met vandag se brandstofpryse is die trekkers besonders ekonomies ,” het hy gesê .
2 . Martin la Grange besig om een van die proefpersele met die New Holland T6050 te saai .
“ Dit is vir ons belangrik om doelgerigte vennootskappe te vorm , soos byvoorbeeld die vennootskap met Agrimark wat die trekker vir agronomiese veldproewe geborg het .”
Deur hul deelname aan die proewe en die verskaffing van die New Holland-trekker , het Agrimark toekomstige produsente in die landboubedryf aan die New Holland-handelsmerk en sy werksvermoë blootgestel . Hul betrokkenheid by georganiseerde landbou is sodoende uitgebrei en beklemtoon .
MECHANISATION www . agrimark . co . za
Martin Marais Porterville 084 606 7777 martin . marais @ kaapagri . co . za
Morné Milstein Malmesbury 082 873 6961 morne . milstein @ kaapagri . co . za
Morne Pheiffer Caledon 072 800 8376 morne . pheiffer @ kaapagri . co . za
Nic van Lill Robertson / Worcester 082 807 3328 nic . vanlill @ kaapagri . co . za
Pieter van Zyl Vredendal 082 897 2340 pieter . vanzyl @ kaapagri . co . za
Ron Smith Moorreesburg 082 698 9265 ron . smith @ kaapagri . co . za