MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 87

in die Verre Ooste, die VAE en Indië ondersoek en ontwikkel moet word.

Hy meen die gehalte van Suid-Afrikaanse pekanneute is baie goed en in aanvraag. Daar is’ n geleentheid om die plaaslike mark verder te ontwikkel, maar dit sal nie die totale produksie van oor die 50 000 t kan hanteer nie. Alternatiewe moet dus vir die Chinese mark geskep word, terwyl dié mark ook verder ontwikkel moet word om die neut-in-die-dop- en kernmark uit te brei. Gelukkig is China se pekanproduksie nog nie op dieselfde standaard as Suid-Afrika s’ n nie.

Oor die toekoms van die bedryf is hy positief.“ China soek steeds ons neute en ons is in’ n goeie posisie vir die afsienbare toekoms. Ons moet net die mark oppas en die gehalte behou. Maar as produsente en bemarkers moet ons saamstaan om die beste waarde vir almal in die ketting te kry. Vroeër jare het ons vir beter pryse beding, maar nou bedel ons. Ons is weer in’ n posisie om te beding, sodat almal daaruit voordeel kan trek,” glo hy.