WINKEL
WINKEL
Veevoer in spesifieke kombinasies word volgens produsente se aanwysings saamgevoeg en op plase afgelewer. Die produsente verskaf die formule en koop die voerkomponente en dan doen Agrimark Vryburg die res.
Daar is egter nie net beesboere in die omgewing nie. Die behoeftes van hoenderprodusente en kleinveeprodusente wat boerbokke en skape aanhou, word ook in ag geneem. Skaaplek is baie gewild. Dit is ook in pilvorm beskikbaar wat vermorsing teëwerk. Voedingsprogramme word vir die produsente uitgewerk, veral vir dié wat hul diere vir slagting wil voorberei en afrond.“ Dit is hier waar ons seisoenrekeninge vir kwalifiserende produsente inkom. Hulle kan so voer aankoop om hul diere in’ n goeie kondisie te kry en dan hoef hulle eers ná 3 maande die rekening te vereffen as hulle hul geld uit hul verkope teruggekry het,” verduidelik Anáda.
13. Veelek met verskillende bymiddels is baie gewild. 14. Stewige werks- en jagklere vir die buitelewe.
13.
MARKtoe! Februarie 2026 63