MARKtoe! Februarie 2026 - Uitgawe 134 | Page 42

LANDBOU
LANDBOU

1.

KOBUS OOSTHUIZEN | JJO BOERDERY

Die kantoor is groot, en die gebou lyk van buite heel gewoon, maar binne is dit netjies en funksioneel. Daar is’ n groot lessenaar,’ n konferensiegrootte tafel en gemaklike stoele, met die lugreëling wat volspoed werk in die hitte van Vryburg in Noordwes. Teen die mure is daar portrette en rakke vol van’ n modelversameling implemente en trekkers wat bestaan uit byna 750 verskillende modelle. Die modelle is klein, maar daar is niks klein aan hierdie onderneming nie.

Kobus Oosthuizen van JJO Boerdery is vir enigiemand wat iets oor die sakewêreld wil leer,’ n voorbeeld, al is dit juis iets wat hy nie aan die groot klok wil hang nie. Nederig, maar tog op die man af en sterk in sy oortuigings oor dit wat hom sukses laat smaak het. Hy sê enige boerdery is’ n besigheid en glo dit moet ook so bestuur word.

1. Kobus Oosthuizen in gesprek met Danie Keet in sy kantoor in Vryburg, vanwaar hy al sy besighede koördineer.

42 MARKtoe! Februarie 2026