LANDBOU
LANDBOU
ek het’ n groot gedeelte van die dag aan weiding spandeer, dis ons spesialisveld. Op pad terug van’ n besoek aan die weidings ry ons by’ n strook van so 10 ha aangeplante weiding verby waarop’ n trop van 150 beeste vir sewe dae die week vantevore gewei het. Ek het vooraf uitgewerk dat hulle omtrent 9 t mis daar moes gelos het en het’ n uitdaging aan die besoekers gerig dat die een wat vir my’ n miskoek uit daardie strook kon bring,’ n pak steaks sou wen. Na 40 minute kon niemand iets wys nie. Die miskruiers op die plaas, waarvan daar’ n paar spesies is, het die 9 t mis alles weggewerk. Dit is’ n verdere bewys van die natuurlikheid waarmee ons hier boer,” sê William.
8. William boer op die mees natuurlike manier en talle miskruierspesies op sy plaas help om die beesmis weg te werk en so grondgesondheid aan te help.
8.
18 MARKtoe! Februarie 2026