MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 15

Geoutomatiseerde vervoerbande voer die mis van onder die henne na ‘ n sentrale punt vanwaar dit op vragmotors gelaai en weggery word . Hoendermis bevat baie ammoniak en dit kan giftig raak indien die hokke nie goeie ventilasie het nie .”

Die eiers wat gelê word , word ook outomaties per vervoerband na ‘ n sentrale verpakkingspunt vervoer waar dit met die hand in kartonne verpak word .

“ Ons lewer ons eiers tans aan Weskaap Verspreiders , wat dit

LANDBOU

dan weer verpak en onder hulle eie handelsname verkoop .”

Die eienaar en die span is baie opgewonde oor Nantes se toekoms .

“ Ek verlang nou wel na my familie in Potchefstroom , maar dis lekker om in die Kaap te woon waar dinge nog werk en die paaie in ‘ n goeie toestand is ,” vertel Cornelle , ‘ n BCom Bemarking gegradueerde . “ Daar is nog soveel planne en ideale vir die plaas en ek wil deel van daardie proses wees om dit weer ‘ n spogplaas te maak ,” sê sy met vaste oortuiging .