MARKtoe! FEBRUARIE 2023 Uitgawe 101 Februarie 2023 | Page 14

LANDBOU
2 .
2 . Die groot herehuis op Nantes dien nou as trouvenue en ‘ n asemrowende uitsig op die Du Toitskloofberge wag op gaste wat funksies hier bywoon .

gevolge en grootskaalse vrektes veroorsaak . Daarom word hulle op ‘ n jong ouderdom teen siektes ingeënt en word hul voer noukeurig bestuur . Hulle kry ook versterkers of boosters ,” beskryf sy .

“ Daar is nog soveel planne en ideale vir die plaas en ek wil deel van daardie proses wees om dit weer ‘ n spogplaas te maak .”

“ Die hoenders eet maar sowat 114 g op ‘ n dag , maar hulle moet die regte voermengsel vir die verskillende stadiums van hul produksiesiklus gegee word . Dit word volgens ouderdom bepaal . Meadow-voere verskaf die mengsels vir die siklus van week 1 tot 35 , dan van 35 tot 50 weke en van 50 weke totdat hulle uit produksie geneem word .

“ Die hoenders is baie sensitief – vir stres , lig , hitte , ventilasie en die hoeveelheid henne in elke hok . Ons beperk dit tot ‘ n maksimum van agt , afhangend van hul grootte .

14 MARKtoe ! Februarie 2023