LANDBOU
LANDBOU
8 .
8 . Suncrest is die handelsmerk waaronder Southern Farms se twee dadelkultivars , Medjool en Zamli , bemark word .
Medjoolbome bereik eers na 25 jaar volle volwassen-heid , maar jong bome kan vanaf hul vyfde jaar al 10 % produksie lewer .
“ Ons het 30 000 van hierdie bome gevestig , meestal uit proefbuis-materiaal in ’ n kweekhuis . Dit neem 2 tot 3 jaar om ’ n boom tot een meter hoog te kweek . Anders as pekanneute is dit ’ n duur proses , wat een van die redes is waarom daar nie meer toetreders tot die bedryf is nie ,” verduidelik Morne .
Floris Visser , hoofbestuurder van Southern Farms , vertel dat dadels baie sensitief is vir reën , en veral die Zamli-kultivar kry swaar in nat toestande . Medjool is minder sensitief . Tussen die rye bome van tot 2,5 km lank is groot spasies gelaat vir die swaar masjinerie wat gebruik word om die bome te snoei en die vrugte te oes . Sommige bome word tot 25 m hoog , en toestelle met teleskopiese arms word gebruik om die vrugte by te kom . Soms word elke boom tot drie keer deurgepluk voordat al die
44 MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025