LANDBOU saam met sy bestuurders en werkers uitgebrei het tot waar dit vandag is .”
LANDBOU saam met sy bestuurders en werkers uitgebrei het tot waar dit vandag is .”
Morne verduidelik die lewensiklus van dadels en hoe die seisoen werk . Medjool-dadels word tussen Februarie en Maart geoes . Die interessante deel begin ná die oes , wanneer die blomperiode aanbreek – sommige bome blom reeds teen einde Junie , maar meestal tussen Julie en September .
“ Dan het ons baie werk . Medjool is vroulike bome , terwyl die manlike bome die stuifmeel maak , maar die blomtyd korreleer nie altyd . Ons oes dus ons eie stuifmeel die vorige jaar of koop dit aan , of ’ n kombinasie van beide .
Die stuifmeel word gebruik om die vroulike bome te bevrug .
“ Die proses is redelik ingewikkeld . Met die algemene metode word ’ n mengsel van stuifmeel en talk , soos babapoeier , met ’ n blaser agter ’ n trekker op die bome gespuit . Die stuifmeel word versamel deur sakkies om die individuele blomme te draai , waarna dit deur ’ n droogproses gaan – alles word met die hand gedoen ,” verduidelik hy .
Na bestuiwing word oesbeheer toegepas om te bepaal hoeveel trosse en stringe elke boom kan dra , gebaseer op hul ontwikkeling en volwassenheid .
7 . Ongeveer 2 000 mense word op die plaas gehuisves , en volle geriewe , insluitend ’ n winkel , crèche en kliniek , is tot hul beskikking .
7 .
MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025 43