LANDBOU
LANDBOU
6 .
6 . Ry op ry dadelpalms – sommige van die rye is tot 2,5 km lank .
“ Dadels is ’ n ware wenner , en wat ons hier gevestig het , sal vir die volgende twee geslagte bly staan . Die vrug is verganklik , maar onder die regte omstandighede kan dit vir 18 maande gestoor word . Dit is hoog in suiker en voedingstowwe , baie gesond , en vind toenemend aanklank op markte wêreldwyd ,” vertel Chris in sy kantoor op Southern Farms .
Hy was saam met drie vriende een van die eerste tafeldruifboere in die omgewing , maar het deur die jare gesien hoe meer boere stroomaf in gebiede soos Onseepkans gevestig is . “ Ek het via ’ n vriend van dadels gehoor en in Israel die bedryf ondersoek . Ek het groot potensiaal vir ons raakgesien en toe bome aangeskaf en hier geplant . Dit was sowat 12 jaar gelede , en nou is bykans 75 % van ons bome in volle produksie . Maar die eer kom Morne toe , wat die projek
42 MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025