LANDBOU
LANDBOU
5 .
dra kleiner vrugte wat nog sagter is , met uitgesproke karamelgeure , hoewel dit droër is en meer saamgeperste vleis het .
Na ’ n stamperige grondpadrit van sowat 80 km vanaf Orange Falls , onthul Southern Farms homself as ’ n asemrowende juweel in die barre Kalahari , aangrensend aan Namibië – geskei deur die Oranjerivier .
“ Hier het ons ’ n hele gemeenskap gevestig ,” vertel
Chris Steenkamp , Morne se pa en pionier in die tafeldruifbedryf in die streek . “ Ons het meer as 2 000 mense wat hier woon en werk . Omdat dit so ver van alles af is , voorsien ons alle dienste – van behuising , riolering en elektrisiteit , tot vullis-verwydering , ’ n skool , nasorg-dienste , ’ n crèche , winkels , ’ n kliniek en sportgeriewe . Saam met ons ander plase bied ons werk aan meer as 3 000 mense regdeur die jaar .”
5 . Southern Farms lê teenaan die Oranjerivier , vanwaar die plaas ook water kry vir die besproeiing van sy boorde .
MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025 5