MARKtoe! Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 122 | Page 50

LANDBOU
LANDBOU

3 .

3 . Kase staan in yskaste om verouder te word .

die tegniese kenmerke van die verskillende melksoorte .

Dit is duidelik dat hy ’ n deeglike studie hiervan gemaak het en presies weet watter melk die geskikste is vir watter kaas . Hy voeg by : “ My blouskimmelkaas is 100 % van bokmelk gemaak omdat bokmelk sowat 15 verskillende sure bevat wat nie in bees- of skaapmelk voorkom nie . Dis wat die unieke geur gee , veral in feta , wat ook verouder word om daardie geur-skop te gee .”

Maar waar het dit alles vir Tiaan begin ? Hy het op Augrabies grootgeword waar sy pa , Maans , met rosyntjies geboer het . Ná skool is hy eers universiteit toe om landbou aan Kovies te studeer , daarna weermagdiensplig te doen en uiteindelik sy pa op die familiegronde en op die riviereilande te help boer . Hy is die jongste van vier broers wat almal op ’ n stadium met tafeldruiwe geboer het .

26 MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025