MARKtoe! Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 122 | Page 49
LANDBOU
LANDBOU
Oranjerivier Kelders op Upington maak ek kaas spesifiek vir nagmaalwyn met kwepers , of kaas met dadels wat ek in fyn pekanneute rol . Ek wil graag meer Suid- Afrikaners bewus maak van hierdie kase , en hoewel ek dit doen , is dit tans op ’ n klein skaal hier plaaslik .”
Tiaan vertel dat sy melkbokke in twee lamsiklusse verdeel is , sodat daar deur die jaar bokmelk beskikbaar is . Dit is nie ’ n suiwelproduksiestreek nie , en om melkbeeste te bekom , was ’ n ander uitdaging . Sy bees-kruisings sluit Jersey , Fries , Ayrshire en Dexter in , aangesien hy moes koop wat in die omgewing beskikbaar was .
“ Met bokke kan jy op ’ n kalenderjaar jou beplanning doen , en tussen die bokke en koeie kan jy sorg dat jy die hele jaar deur melk het om kaas mee te maak . Ons werk ook met Afrikanerskape , ’ n baie ou ras met goed gelokaliseerde vet . Hulle is baie vrugbaar en bly lank in laktasie , maar gee net sowat 250 ml melk per dag . Van die
16 ooie wat ons melk , kry ons maar 5 liter melk daagliks , en daaruit kan ons 1 kg kaas maak .
Nog ’ n belangrike feit om in gedagte te hou as dit by kaas van bok- of skaapmelk kom , is die inhoud van die melk . As die diere dieselfde voeding kry , bevat bokmelk 3,5 % vet , skaapmelk 4,5 % vet en beesmelk 9 % vet . Bokmelk het ’ n waterinhoud van 84 %, teenoor 78 % in skaapmelk . Daar is dus net meer as die helfte van die opbrengs uit ’ n liter skaapmelk as uit ’ n liter bokmelk ,” verduidelik Tiaan