LANDBOU
LANDBOU
direksie gedien . Maar soos met alles , is daar ’ n tyd om plek te maak vir die jonger manne .”
“ Die tafeldruifbedryf is ’ n hoë-risiko bedryf . Met die boksie wat ons hier pak , is ons eers van risiko vrygestel as die klant dit klaar opgeëet het . Kry iemand ’ n skertjie , bosluis of spinnekop in Engeland in hul drasak , is die moeilikheid
joune . Dit is eintlik ’ n baie onregverdige bedryf – hoë risiko , maar hoë opbrengs . As dinge soos vanjaar verloop , kan dit ’ n goeie jaar wees , maar dit moet nie reën of hael nie .”
Doppies hou daarvan om besig te bly . Nadat sy druiwe gevestig was , was sitrus die volgende stap . Die sitrusboorde help om sy werksmag deur die jaar aan die gang te hou .
“ Ons het sitrus geplant , maar ons het nie geweet wat om met die uitskot te doen nie . Ons kon dit nie begrawe of stort nie , want dit het vrugtevliegies gelok . Ek en ’ n buurman het toe ’ n plan gemaak en ’ n sapfabriek begin . Toe die bemarking te veel raak , het ons aan Magaliesitrus verkoop .” Op die plaas is ook ’ n reuse granietkoppie , wat vroeër as bron vir graniet-ontginning gebruik is . Doppies wys hoe die klip vertikaal met suurstof- en
“ Jy kry mos die plaasbaas en die plaas-haas – ek is seker maar laasgenoemde ,” sê hy glimlaggend .
gasvlam gesny is , waarna gate horisontaal geboor en dinamiet gebruik is om dit op te breek .
“ Ek het later begin om van die granietblokke vir versiering rond te skuif . Die swaarste een was seker so 27 t , maar gemiddeld is hulle net omtrent 10 t ,” vertel hy met ’ n glimlag , asof hy met Lego bou .
Maar Doppies speel nie speletjies nie – al hou hy van nuwe planne maak en die veld verken , bly hy ’ n ware Kalahari-boer en bittereinder .
22 MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025