MARKtoe! Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 122 | Page 15

LANDBOU
LANDBOU

1 .

Doppies Nel | AAABoerdery en Driekop Safaris

Doppies Nel is ’ n man van die Noord-Kaap – hier gebore , getoë en deel van die makmaak van hierdie harde Boesmanland-wêreld . “ En nee , dis nie die Groen Kalahari nie – dis Boesmanland ,” verduidelik hy terwyl ons op ’ n granietkoppie agter sy huis staan .

Van hier sien jy die eindelose vlaktes – karige plantegroei , plek-plek ’ n boom . Dit het twee jaar laas gereën , net 57 mm . Doppies se hart is swaar oor die diere wat swaarkry .

“ Maar ons moet hulle help ,” sê hy . “ Ons voer die wild , want daar is feitlik niks oor nie . Maar ons ken die veld – as dit reën en daar val opvolgreën , sal dit binne agt dae weer groen word .”

1 . Doppies Nel in een van die kampe op sy plaas – die droogte is besig om sy tol te eis .

8 MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025