MARKtoe! Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 122 | Page 118

PROMOSIE-ARTIKEL
PROMOSIE-ARTIKEL

Die oorsprong van Lake Grappa

Lake Grappa is in 2007 ontwikkel deur Gerrit Visser van Vroeë Son Boerdery , wat die plaas sedert 1992 bestuur . Sy vrou , Surina , sorg as gasvrou dat elke besoeker gemaklik en tuis voel , terwyl Gerrit toesien dat die oord en boerdery doeltreffend funksioneer .

Een van die unieke trekpleisters is die groot ski-dam , gebou vir Gerrit se seun GJ , ’ n voormalige Springbok-waterskiër . Die dam , 800m lank en 75m breed , bied nie net oefengeriewe vir waterski nie , maar dien ook as ’ n reservoir vir die plaas se besproeiingswater – ’ n slim belegging in die toekoms .

’ n Familieboerdery met ’ n blink toekoms

Op Vroeë Son Boerdery is tafeldruiwe , rosynproduksie , en pekanneute in die bekwame hande van Gerrit se seuns , GJ en Hans . Hierdie gesinsboerdery werk volgens moderne praktyke om volhoubare groei en gehalte te verseker . Die kombinasie van aktiewe landboubedrywighede en toerisme skep ’ n wenkombinasie wat beide besoekers en die plaas bevoordeel .

Ervaar die Kalahari op sy beste

Lake Grappa bied veel meer as net rustigheid . Aktiwiteite sluit in waterski , visvang , kanoe-roei op die dam , bergfietsroetes , en 4x4-uit-

60 MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025