PROMOSIE-ARTIKEL
PROMOSIE-ARTIKEL
Lake Grappa :
Groen Kalahari op sy beste
In die hart van Augrabies bied Lake Grappa ’ n unieke kombinasie van luukse akkommodasie en ’ n werkende tafeldruifplaas . Hierdie bestemming is die perfekte toonbeeld van hoe agri- toerisme na ’ n volgende vlak geneem kan word .
Verblyf wat beïndruk
Die luukse selfsorg-chalets en kamers is privaat , volledig toegerus en ontwerp vir gerief en ontspanning . Met binne- en buitebraaigeriewe en noodsaaklike lugversorging is dit ideaal vir warm Kalahari-dae . Gaste kan kies om self te braai onder die sterre of om ’ n maaltyd in die restaurant te geniet . Vir sakebesoekers is die bed-en-ontbytopsies ’ n uitstekende opsie .
MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025 59