MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 33

LANDBOU

JD kry die geslagte varke op ʼ ’ n Dinsdag en verwerk dit dan Woensdag sodat vars vleis oor die naweek beskikbaar is . Ander byprodukte word ook gemaak , soos verskillende soorte salami , parmaham , fynvleis , spek en , gedurende die feesseisoen , ook gerookte boud oftewel gammon . Heidi vertel dat hulle daarop fokus om ligter varke te slag sodat die tjops nie so groot is dat dit altyd gedeel moet word nie . Van die spek word ook soms dikker gesny sodat dit amper soos ‘ n Kasselse tjop lyk .

“ Met die varkboerdery is ons bioveilig en almal wat die varkhokke binnegaan , moet eers stort en beskermende klere aantrek . Wanneer hulle uitkom , moet hulle weer stort om te keer dat siektes

Ingelegde produkte , wat deur een van die De Villiers-familielede gemaak word , word in die deli verkoop .

soos Afrika-varkgriep uitbreek of versprei word . Die siekte word deur vlieë en mis versprei en ons is baie versigtig as daar met die varke gewerk word . Die varke staan ook almal in skoon hokke met vloere waardeur die mis en afval kan val

“ Van toeka tot tiktok ... Dixon , die boerdery battery ”

www . dixonbatteries . co . za
Beskikbaar by jou naaste
00 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024