MARKtoe! DESEMBER 2022/ JANUARIE 2023 Uitgawe 100 desember 2022/ Januarie 2023 | Page 16

LANDBOU
1 .
2 .
1 . Die Sojaboontjie oes van Pannarsaad vroeër vanjaar . 2 . Die nuwe seisoen het pas afgeskop en ou mieliestokke word op die land gelos om organiese kompos te vorm vir die volgende oeste .
Wat is herlewingslandbou ?
Herlewingslandbou is gebaseer op ’ n holistiese en geïntegreerde manier van boer . Dit kom daarop neer dat boerderybeginsels en praktyke so aanpas word dat dit fokus op verbeterde grondgesondheid en verhoogde biodiversiteit . Die proses van fotosintese in ’ n verskeidenheid van gewasse word ingespan om grondgesondheid te bou wat meer voedingstowwe tot beskikking van plante stel en so plantgesondheid bevorder . Herlewingslandboupraktyke verbeter grondgesondheid omdat dit die organiese inhoud van grond verhoog . Meganiese grondversteuring word beperk en daar word gestreef na soveel as moontlik lewende wortels in die grond . Ander voordele wat volg op verbeterde grondgesondheid is grondvrugbaarheid , verbeterde waterindringing en -houvermoë met ’ n vermindering van waterafloop en erosie .
“ Ons gebruik al meer bees- en hoendermis in ons lande en met die kunsmispryse wat nou so hoog is , help hierdie noukeurige praktyke ons om meer kostedoeltreffend te wees .”
dieper lae geneem word , word dit op verskillende dele van elke land geneem sodat dit ’ n goeie verteenwoordigende beeld van die land gee . Hierdie monsters word weggestuur vir ontleding . Grondregstellings word na aanleiding van die resultate gedoen . Die resultate bepaal die preskripsies wat hulle skryf vir die variëerbare toeding van die kalk en gips . “ Ons gebruik al meer bees- en hoendermis in ons lande en met die kunsmispryse wat nou so hoog is , help hierdie noukeurige praktyke ons om meer kostedoeltreffend te wees .”