MARKtoe! DESEMBER 2022/ JANUARIE 2023 Uitgawe 100 desember 2022/ Januarie 2023 | Page 15

LANDBOU
3 . 4 .
3 . Saterdae is tyd vir inspeksies in die lande . 4 . Alhoewel die seisoen afgeskop het met geweldige nat toestande , gaan die plantasies deurtrek .
Die naam Tyson Zunckel lui dalk ’ n klokkie . Hy was die KwaZulu- Natalse boer wat die meeste briewe ontvang het in die veertiende reeks van Boer Soek ’ n Vrou wat in 2022 op TV uitgesaai is . Om aan die program deel te neem , was klaarblyklik die moeite werd , want in Meimaand het hy die groot vraag gevra en Alri Vorster het ja gesê . In September 2022 is hulle getroud . Nou bly hulle op dié plaas naby Bergville .
Die Zunckels boer met mielies , sojabone en koring , terwyl beeste ook ’ n belangrike deel van hulle boerdery uitmaak .
Die Zunckels boer met mielies , sojabone en koring , terwyl beeste ook ’ n belangrike deel van hulle boerdery uitmaak . Hulle het ook grond naby Warden en sê die verskillende lokaliteite help om risiko ’ s in die boerdery beter te bestuur .
Hulle boerdery is op goeie grondgesondheid gebaseer en daarom is baie van die bestuursbeginsels en praktyke daarop gefokus . En hulle maak dit hulle besigheid om presies te weet wat in elke land gebeur . Elke land se grond word intens bestudeer om te verseker dat alles wat hulle doen , sal bydra tot grondgesondheid en volhoubare boerdery . Die lande is opgedeel in vier en grondmonsters word elke vier jaar van elke land op ‘ n rotasiegrondslag geneem . Elke land is ook in ruite opgedeel en wanneer die grondmonsters van die boonste en