MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 4

LANDBOU

Die kuns van besproeiing word deur Wes-Kaapse produsente bemeester

Deur : Hein Eksteen | Foto ’ s : Mia Truter en verskaf

Vanaf die dag , ongeveer 12 000 jaar gelede , toe die jagterversamelaars in Mesopotamië besluit het om op te hou met loop-en-hoop om iets in die maag te kry , moes hulle plante en diere makmaak . Die eerste dier was glo die voorgrootjie van vandag se boerbok . Die eerste plante was koring en gars . Sade is versamel en geplant . Die oë is na die hemel opgeslaan , reëndanse is gekotiljons en menseofferings gemaak om die gode wakker te skud . Reën dit op die regte tyd : voilà . Reën dit nié : nada .

4 MARKtoe ! Augustus 2024