Een van die belangrikste lesse uit hierdie werk is dat plastiek meer doen as om druiwe droog te hou. Onder plastiek verander die mikroklimaat in die ry: daar is minder wind, minder sonstraling en koeler toestande. Dit kan waterverbruik beïnvloed en speel dus ook’ n rol in volhoubaarheid en insetbestuur.
In’ n waterskaars land soos Suid-Afrika maak dit die gesprek oor plastiek nóg belangriker. Vir produsente in die Hex gaan dit nie net oor beskerming teen een reënbui nie, maar oor hoe’ n hele produksie-sisteem aangepas kan word om meer voorspelbaar en meer bestand teen risiko te wees.