8. Plastiekdakke word oor die wingerde gespan om dit teen reën te beskerm. Die Viljoens eksperimenteer met verskillende ontwerpe om die beste oplossing vir hul wingerde te vind. Plastiekkappies is noodsaaklik om veral die nuwe kultivars, wat baie sensitief is vir reën, in oestyd te beskerm. 9.’ n Spesifieke aantal trosse word op elke stok gelaat om gehalteproduksie te verseker.