Wanneer vrugte by die fasiliteit aankom, word dit vir twee dae onder gedwonge afkoeling geplaas. Elke vrag word met verwysingsnommers en staafkodes gedokumenteer sodat dit maklik opgespoor kan word. Hexkoel waarborg dat vrugte wat Maandag gelewer word, Dinsdag geïnspekteer kan word en kort ná middernag op Woensdag uitgelaai kan word. Hulle het dus ongeveer 26 uur om die druiwe af te koel.
“ In een nag is 3 440 palette gelaai. Dit is vrugte ter waarde van sowat R85 milj.”
Inspeksies dien as kwaliteitbeheer, veral vir vrugte wat reën gekry het of lank in die stelsel staan. Logistiek speel intussen ook’ n groot rol: hoe langer die wagtye by hawens en markte, hoe groter die risiko vir gehalteverlies.
Hexkoel se plek in die koueketting is daarom belangrik. Verkoeling maak nie swak vrugte beter nie, maar verkeerde hantering kan beslis skade veroorsaak.