MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 18

LANDBOU
LANDBOU

“ Ons het begin om die stokke in potte te plant en gewonder hoekom die stokkies klein moet wees, soos tradisioneel gedoen is. Ná die warmwaterbehandeling begin hulle dadelik groei. Ouer stokkies van kwekerye af word ook in spesiale sakkies en’ n klapperhaarmengsel geplant.

“ Met die nuutste tegnologie word die stokkies dan in’ n bioafbreekbare membraansakkie in’ n coco peat-mengsel geplant, wat in Elle-potte en-bakke in die kwekery gepak word.

“ Dit word dan ge-air prune sodat dit binne-in die sakkie verder kan vertak en’ n massa haarwortels vorm wat vir die stok’ n groot groeivoordeel gee.”

“ Wortelgroei is van die allergrootste belang by die vestiging van nuwe stokke, en in hierdie sakkie groei die wortels deur die membraan. Dit word dan ge-air prune sodat dit binne-in die sakkie verder kan vertak en’ n massa haarwortels vorm wat vir die stok’ n groot groeivoordeel gee.

“ Dit word in ons kwekery onder optimale omstandighede versorg totdat dit ongeveer 1,65 m lank, mooi afgehard en met’ n stamdikte soos dié van’ n potlood is, voordat dit aan produsente verskaf word. Ons maak dus die stokke namens die produsente groot, en hulle kry die voordeel van gesonde, siektevrye en groot stokke

18 MARKtoe! April 2026