MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 132

ADVERTENSIE-ARTIKEL
ADVERTENSIE-ARTIKEL

nie, maar ook oor die lang termyn waarde sal toevoeg.’ n Goed ontwerpte stelsel help om water te bespaar, insetkoste te verlaag en maksimum opbrengs uit elke hektaar en elke druppel water te kry.

Ervaar jy probleme? SABI is’ n objektiewe, niewinsgewende liggaam en kan help met evaluering en advies. Lede kan ook aktief bydra tot die ontwikkeling van nasionale besproeiingsnorme, sodat hulle altyd op hoogte van nuwe tegnologieë en veranderinge bly.

Produsente vorm die toekoms – en die jeug leer saam

SABI bied met trots aan’ n Graad 11 besproeiingskursus vir skole regoor Suid-Afrika, wat help om waterbewaring van die grondvlak af te kweek.

“ Waterbesparing moet by die jeug begin, en SABI is trots om deur skoolopleiding’ n verskil van die grondvlak af te maak.”

“ Waterbesparing moet by die jeug begin, en ons is trots op die sukses van ons skoolopleiding, SABI speel’ n vitale rol om boere te help om water doeltreffend te gebruik. Ons nooi alle boere uit om by ons aan te sluit en die voordele op hul plase te pluk.” sê Riana Lombard-Smit.

132 MARKtoe! April 2026