MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 66

LANDBOU
LANDBOU

vlugnavigator in die Tweede Wêreldoorlog. Nadat hy in’ n skermutseling beseer is, is hy versorg deur die Brownfamilie op Oude Brug. Die gesin het behandeling en sorg gebied aan beseerde soldate wat van die oorlog af teruggekeer het.

Jack Green was die eienaar van Oude Brug, wat vandag bekendstaan as Elgin Orchards. Dit was ook hy wat

die handelsmerk Jacko, wat op Elgin Orchards se produkte te sien is, begin het.

Dit is’ n baie ou plaas. In 2015 is’ n peerboord wat reeds 100 jaar oud was, uitgehaal. Dit het nog so bietjie gedra. Die plaas is jare later deur die Syfret-familie gekoop. Hulle was bekendes in finansiële kringe. Hulle het die buurplaas, Ridgelands, besit en het toe ook Oude Brug gekoop. Later geslagte wat die plaas besit het, was eers die Dennistons en toe die Browns.

Dr. Hahn se pa het bevriend geraak met die Browns in die tyd wat hy op die plaas versorg is. Later jare het hy en sy gesin gereeld op die plaas kom kuier, en daarom het dr. Hahn so’ n sagte plekkie vir die plaas in sy hart gehad.

Hoewel hy ná skool’ n mediese dokter geword het, moes hy onmiddellik ná sy studies by sy pa se besigheid in die mynboubedryf inval.

Op die plaas word 178 ha appels, 2.8 ha kiwivrugte, 32 ha pere en 29.2 ha wyndruiwe verbou.

Die plaas is deur Westminster Produce gekoop en was in hul besit vir drie of vier jaar. Dr. Hahn het egter, met die draai van die eeu, gehoor die plaas was weer in die mark en het dit toe gekoop. En soos hulle sê, die res is geskiedenis. Hoewel beide dr. Hahn en sy seun, Richard,’ n meganiese ingenieur, in Johannesburg woon, het albei huise op Elgin Orchards. Wanneer dr. Hahn besoek op die plaas aflê, woon hulle in die ou herehuis. Diegene wat weet, reken dit is die oudste huis in die vallei.

34 MARKtoe! April 2025