10. Richard Hahn( links) is die seun van die eienaar van Elgin Orchards, dr. Max Hahn. Hy is’ n meganiese ingenieur. By hom is Pierre le Grange wat verantwoordelik is vir bemarking en verkope in die plaas se vervaardigingsaanleg.
toegang het tot presies wat hulle soek.
Dit kan’ n maak-of-breekproses wees. In 2016 is bome geplant wat ná vier jaar uitgehaal moes word omdat dit so swak gegroei het. In 2020 is bome egter geplant wat in 2022 al met tweede blad 54 ton / ha gelewer het. Kumulatief het dit met vierde blad al 300 ton / ha geoes.
“ Ons kon dit regkry omdat dit groot bome is wat met skoon plantmateriaal geënt is en die regte onderstamme gehad het. Ons fokus om groter bome te kry om te
plant. Tans is die grootte tussen 1.2 m en 1.5 m. Dit is egter nog alles in’ n ontwikkelingsfase. Ons gaan strategies te werk en wil ook nouer plant.”
Pluk en snoei vinniger en slimmer
In 2016 het hulle reeds begin om die ry- en plantwydtes aan te pas tot onderskeidelik 3.5 m × 1.2 m. Die rede hiervoor is dat dit hulle in staat stel om te meganiseer. Op hierdie wydtes kan plukplatforms beter werk, want