Standaardpraktyk is om onderstamme in beddings te kweek. Dit neem egter’ n jaar vandat die gewortelde onderstam in die kwekery geplant is om met die ogie van’ n verlangde kultivar geokkuleer te word. Die boom is dan’ n jaar later gereed om in’ n boord geplant te word.
’ n Nuwe era vir boorde begin
In 2020 kon Elgin Orchards vir die heel eerste keer’ n volledige boord op Cornell Geneva-onderstamme plant.
Dirk Meyer, plaasbestuurder op Elgin Orchards, sê die bome kan nou baie vroeër geplant word. Normaalweg word in September tot Oktober geplant, maar nou kan hulle dit reeds in April doen.
Volgens Neil beteken dit dat, omdat hulle’ n aandeel in die kwekery het, hulle groter
8.
9.
8. Marco Wentzel is die pakstoorbestuurder op Elgin Orchards. Hy is verantwoordelik dat alles seepglad verloop met die sortering en verpakking van die pere. 9. Heerlike soet en kraakvars pere. Die meeste pere word na oorsese markte uitgevoer.