3. Pragtige bloedrooi appels soos hierdie is baie gewild onder verbruikers. Proewe word gedoen om kultivars te kry wat goed presteer en vir hoë opbrengste sorg.
soos mens van die Kaap se kant af kom. Bykans reg oorkant die ingang na Grabouw is die plaas se ingang.
Elgin Orchards se appels gaan na pakstore en vandaar word dit na die hawens vir die uitvoermark vervoer. Die pere wat op die plaas verbou word, asook pere van omliggende produsente, word in die reuse pakaanleg gesorteer, gewas en verpak vir verskillende markte.
Elgin Orchards word bestuur deur’ n span mense wie se tyd en liefde elke dag op die plaas ingeploeg word. Almal werk as’ n span saam.
Op die plaas word 178 ha appels, 2.8 ha kiwivrugte, 32 ha pere en 29.2 ha wyndruiwe verbou. Nog 6.7 ha word tans voorberei om appels te herplant.
Strategie en onderstamme vir sukses
Neil Reid, algemene bestuurder van Elgin Orchards, sê die grootste uitdaging van