t( of sowat 50 000 kratte) appels en pere geoes wat na Two-a-Day, letterlik net straataf, vervoer word, waar dit gestoor en verpak word. Die vrugte word onder die True Cape-handelsmerk bemark.
“ Ons probeer altyd voor wees wat nuwe kultivars betref, en daarom doen ons gereeld proewe. Ons is seker die plaas wat die meeste proewe op verskillende kultivars doen. Ons is baie progressief wat dit aanbetref. Dit is vir ons belangrik om te sien hoe elke spesifieke kultivar presteer en watter onderstamme die beste werk. Ná sowat ses jaar kan ons dan oorweeg of ons groter aanplantings van’ n spesifieke kultivar wil maak.
“ In hierdie bedryf kan mens nie foute maak nie, want foute bly dan vir tussen 25 en 30 jaar in die grond,” verduidelik Christopher.
Ten einde só’ n groot besigheid te kan bestuur, het mens baie oë en hande op verskillende plekke nodig. Altesaam 260 mense is per-
11.
11. Appels en pere word op altesaam 355 ha verbou. Baie kultivarproewe word op die plaas gedoen ten einde die kultivar te vind wat geskik is vir die omgewing.