MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 31

LANDBOU
LANDBOU

Die huis van MTB-fietsry

Hoewel Oak Valley Estate enorme landbouvertakkings het, is dit nie wys om al jou eiers in een mandjie te plaas nie. Die plaas leen hom tot só veel opsies vir agritoerisme.

Christopher vertel’ n bergfietsroete is begin deur Pieter Visser,’ n oudwynmaker en wingerdkundige wat vir 20 jaar op Oak Valley gewerk het. Hy was’ n legende in bergfietsry, maar is in 2014 aan kanker oorlede. Vandag leef sy nagedagtenis voort in die 34 km-roete wat veral gewild is onder bergfietsry-entoesiaste omdat dit oor brûe loop en riviere strek. Paadjies loop deur die wingerde en oor Groenberg. Jaarliks lok twee groot fietsrenne duisende mense na die plaas, wat natuurlik ook help om die plaas se produkte op’ n indirekte wyse te bemark. Die Wines2Whales vind al die afgelope 14 jaar plaas, terwyl die uitmergelende Epicfietsren se roete ook elke drie jaar deur die plaas loop.

10. The Table at Oak Valley is‘ n restaurant op die plaas. Die swembad en die groen grasperke skep’ n rustige atmosfeer terwyl gaste Oak Valley se wyne kan geniet en heerlik kan eet.

10.

16 MARKtoe! April 2025