MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 18

LANDBOU
LANDBOU

4.

4. Hier is Anthea Wyngaardt besig om die blomme te sny en te verpak. Dit word na verskeie afsetpunte in Kaapstad en omliggende gebiede vervoer.

Hoewel verskeie kultivars soos semillon, palomino, cinsaut, cabernet en montpellier aangeplant is, is dit vandag veral die chardonnay, pinot noir en sauvignon blanc waarvoor Oak Valley bekend is.

Snyblomme is heeljaar in blom

Die snyblomme is’ n belangrike komponent van die besigheid.

“ Ons is die grootste verskaffer van snyblomme in die Wes-Kaap,” sê Christopher trots.

Oak Valley Flowers is reeds in 1978 gestig, en oor die jare het hulle die voorkeurverskaffer van blomme aan Woolworths in die Wes- Kaap geword. Hulle verskaf al sedert 1986 aan hierdie kettinggroep.

“ Ons missie is om die beste kwaliteit snyblomme te produseer en te bemark met die beste diensvlakke in Suid- Afrika,” sê Christopher.

10 MARKtoe! April 2025