MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 17

LANDBOU

Vrystaat tydens die Anglo- Boereoorlog. Baie geslagte het gevolg, en vandag staan Christopher Rawbone- Viljoen as die vyfde geslag aan die stuur van hierdie plaas van 1 786 ha. Dit is’ n gediversifiseerde besigheid met verskillende bedrywe wat fyn en deurdagte bestuur verg.

Die visionêre uitkyk wat Sir Antonie Viljoen( nadat Koning George hom tot ridder geslaan het) gehad het om die onontwikkelde

LANDBOU

grond in’ n winsgewende en betekenisvolle landbouonderneming te omskep, het die toekoms vir Oak Valley gebaan. Hy was die eerste persoon in die area wat die potensiaal van beide appels en wingerd in die gebied gesien het en het dit in onderskeidelik 1901 en 1902 aangeplant. Teen 1907 het hy reeds 50 000 wingerdstokke in die grond gehad, en dieselfde jaar het hy’ n wynkelder gebou. Hierdie gebou staan nog steeds.

3. Die Groenlandberg-reeks is vernoem na die berg op die plaas. Hier is’ n chardonnay en’ n pinot noir.

3.

MARKtoe! April 2025 9