MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 116

LANDBOU aan gewildheid toeneem. Dit is bekend vir sy wynrooi kleur en vars, soet smaak.

LANDBOU aan gewildheid toeneem. Dit is bekend vir sy wynrooi kleur en vars, soet smaak.

Bingo Gala is ook relatief nuut in Suid-Afrika en staan uit met sy kersierooi kleur en hoë uitpakpersentasie. Dit doen veral goed in die warmer appelproduserende streke van die land. Die opbrengste is hoog, en dit word gewoonlik in Februarie geoes.

Cripps Red word ook op Remhoogte geplant. Dié kultivar is reeds in 1973 deur John Cripps in Wes-Australië geteel en is’ n kruising tussen Golden Delicious en Lady Williams. Dit het’ n soet, effens tangy smaak met’ n ligte, sponsagtige tekstuur.

Die tradisionele peerkultivar wat op die plaas geplant word, is Packham’ s Triumph. Toekomsbeplanning sluit ook die blospeer Forelle in, asook die benutting van die jongste bedryfsinnovasies.

Die appel-oesseisoen eindig gewoonlik in April met Granny Smith, en in Mei met Pink Lady en Cripps Red.

8. Elf verskillende appelkultivars word op Remhoogte verbou. Appel- en peerproduksie vind op sowat 340 ha plaas, met altesaam 350 000 bome.

8.

MARKtoe! April 2025 59