7. Swart kleefband met gif word om die bome gedraai om te verseker dat kalanders wat teen die bome uitklim om by die vrugte te kom, vrek as hulle daarop land.
sonder dat die smaak of kwaliteit van die produk ingeboet word. Die oksidasieproses in die vrugte word effektief vertraag, en dit ryp dus baie stadiger as wanneer dit op’ n konvensionele manier verkoel word.
“ Ons Granny Smith is clean and green, met’ n lang raklewe en uitstekende opbrengs.”
“ Dit plaas ons voor in die mark,” sê hulle,“ want ons kan markte teen Kersfees voorsien van vars appels wat tussen Januarie en Mei geoes is.”
Plant kultivars wat die mark wil hê
Op Remhoogte word bekende kultivars soos Golden Delicious, Top Red, Granny Smith, Pink Lady en Royal Gala verbou. Nuwe kultivars wat sedert 2018 op sowat 30 ha aangeplant is, sluit in Flash Gala en Bingo Gala. Flash Gala is’ n gevorderde appelkultivar wat tans vinnig in Suid-Afrika