4. Verskillende kultivars is bestem vir verskillende markte en word dus in verskillende kartonne verpak.
besigheid bestuur word.“ Ons hanteer net ons eie produk en het sewe van ons eie handelsmerke vir uitvoer en plaaslike afset. Dit is ons doelwit om in die topmarkte wêreldwyd te kompeteer.”
Thys, wat reeds sedert 2010 aan die hoof van hierdie mega-agribesigheid staan, sê hulle plaas groot klem op kundige personeel en konsultante om te verseker dat die besigheid se ratte seepglad bly draai.
Bestuur van die besigheid word holisties aangepak
Aangesien die boerdery se bates ten dele in’ n trust is, was dit moontlik om’ n volwaardige bestuurspan aan te stel.
“ Die afgelope tien jaar is ons al’ n span van ses senior lede. Die vyf afdelingshoofde bestuur onderskeidelik die operasionele afdeling, finansies, die vloot en logistiek, personeel én vrugte-