LROosglansEastglam_ Volume 02 Maart_April | Page 12

Entrepreneurskap Word jou eie baas! Artikel: Flip Schutte Mens hoef nie altyd ʼn splinternuwe idee vanuit die ruimte te pluk om ʼn entrepreneursaak te begin nie. Jy kan bestaande idees gebruik, dit dupliseer, dalk verbeter … en daar het jy ʼn onderneming! D it is nie so moeilik as wat dit klink om jou eie ding te doen nie. Harde werk en ʼn wil om te wen, is al wat jy nodig het om ʼn entrepreneur te word. Die meeste boeke oor entrepreneur­ skap begin in hoofstuk een met die tema dat jy kreatief en innoverend moet wees, want jy moet ʼn blink idee kry of ʼn nuwe produk skep waarmee jy die mark kan verras. Baie mense gee net daar en dan moed op want hulle kry niks uitgedink wat nie reeds bestaan nie. Dan probeer hulle nie eens verder nie en aanvaar net dat hulle nooit ʼn eie onderneming sal kan begin nie. As jy regtig nie iets nuuts kan uitdink nie, beskryf die meeste handboeke drie alternatiewe roetes tot entrepreneurskap. Hulle is die moontlikheid om by ʼn familiebesigheid betrokke te raak, of om ʼn franchise te koop, of om ʼn bestaande besigheid van ʼn ander entrepreneur oor te koop. Die franchise-opsie word beskou as die veiligste as gevolg van die ondersteuning wat dit die franchisehouer bied, maar nie almal wat graag ʼn onderneming wil begin, het die kapitaal om ʼn franchise te koop, of om ʼn bestaande besigheid oor te koop nie. Ons is ook nie