LROosglansEastglam_ Volume 02 Maart_April | Page 10

BESOEK Vesting van kunsmusiek vir die gemeenskap “O Artikel: Daleen Malan Foto’s: Willem Vogel ns is militant Eurosentries,” skerts Willem Vogel wanneer hy gesels oor die Brooklyn Teater, geleë in Greenlyn Village, Menlopark, waar daar sedert 2010 klassieke musiek en ander stylvolle vermaak aangebied word. Klassieke musiek wat nie deur die staat of die privaat sektor geborg word nie, is ’n rare verskynsel. Dit is dus geen wonder nie dat daar pas ’n meestersgraad voltooi is oor die woelinge in die kunste oor die afgelope 22 jaar deur die entrepreneurs Willem Vogel en Daniël Vos – mede-eienaars van die Greenlyn Sentrum, eienaars van die Brooklyn Teater en alombekend as “Mnre. Salon Music”. Daniël is die besigheidsbrein. Ná sy studie aan RAU het hy sy merk deeglik gemaak in die korporatiewe wêreld, voor hy hom dit ten doel gestel het om die kunste te bevorder. Willem, met sy MMus-graad, is multikamera-televisie­ regisseur en artistieke direkteur van die Brooklyn Teater asook die Gautengse Filharmoniese Orkes – ’n onafhanklike, nie-winsgewende organisasie en die mees onlangse inisiatief van die Brooklyn Teater. Maandelikse simfoniekonserte is reeds twee jaar lank op die teaterspyskaart met ’n imposante lys van SuidAfrikaanse en internasionale soliste en dirigente. Nege jaar gelede het die sjarmante Jean-Pierre Verster hom ná sy operastudie by die groep aangesluit. Hy beklee vandag direkteurstatus. Salon Music se betrokkenheid by die gemeenskap neem reeds jare lank verskeie vorms aan. Musicula, Magdaleen Lamey se musiek-akademie vir kinders van 6 maande tot 6 jaar, is in die teater gevestig. Sowat 10 Oos East lans lam Oos lans Maart/April 2016 / March/April 2016 150 kinders vind weekliks hier hul weg na ’n regte teater vir individuele en groepsklasse. Die blootstelling van Musicula-leerders aan ’n simfonieorkes en opera in die Brooklyn Teater, vorm die afronding aan ’n jong kind wat geld nie kan koop nie. Blootstelling brei uit na skoolgaande leerders wat ook repetisies kan bywoon. Samewerking met Uitreikaksies van UP sorg dat kinders uit minderbevoorregte gemeenskappe per bus na die Brooklyn Teater aangery word. Die opvoedkundige prentjie word afgerond deur die Telematiese Leersentrum van die Universiteit van Stellenbosch wat al etlike jare in die teater gevestig is. Produksies van werke wat voorgeskryf is vir matriek, word jaarliks in die Brooklyn Teater aangebied. So is daar Die Towerfluit (Mozart), ’n operaproduksie aan die begin van elke jaar, asook Think Theatre se Othello in Mei. Pieter en die Wolf (Prokofiev) en die Karnaval van die Diere (Saint-Saëns) is onder andere in Junie 2016 op die planke, asook Liewe Heksie, ’n volskaalse pantomime, in April. Die Hazel Kosmark op Saterdae is reeds vyf jaar lank ʼn instelling op die perseel. Die foyer van die teater is onlangs daadwerklik opgeknap, vergroot, verfraai en huisves nou die Caffé si Bon. Die teater met sy uitstekende akoestiek is ’n internasionale Steinway Venue met ’n konsertvleuel wat onder andere deur Anton Nel as een van die beste klaviere in die land beskryf is. Liefhebbers van klassieke musiek kan hul verlustig in die iSalon-winkel by die teater – die grootste klassieke CD- en DVD-winkel in Suid-Afrika en nog ’n skakel in die legkaart van Vos, Vogel en Verster se edel visie om ’n liefde vir klassieke musiek in stand te hou.